Local newsMunicipalNews

Bethallers is moeg vir kragonderbrekings

Kragonderbrekings laat Bethallers ’n verlies ly.

BETHAL – Verskeie inwoners is keelvol vir die munisipaliteit se swak dienslewering.

“Mense wat klagtes aanmeld, kry glo ook nie meer verwysingsnommers nie.”

Hulle het gesê dat dit goed sou wees om die name van diegene wat beloftes maak maar dit nie nakom nie, te publiseer.

Mense skree “onbevoeg” en die probleme hoop op.

“Ons is moeg vir die swak toestand van die dorp,” het ’n inwoner gesê.

“Ons kan nie meer net sit en wag dat iets gebeur nie.”

Die krag gaan glo af sonder dat die munisipaliteit inwoners waarsku.

“Om op ’n Maandag wakker te word sonder krag, is nie lekker nie,” het ’n inwoner gesê.

Volgens Bethallers is die krag ’n groot frustasie.

Die krag wat op een dag twee tot vier keer aankom en dan weer afgaan, veroorsaak dat inwoners ’n verlies ly.

Die inwoners het gesê dat dit duur is om kragopwekkers te onderhou en almal kan nie wegneemetes bekostig nie.

Mnr. Henry Masango, bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die Govan Mbeki Munisipaliteit, het gesê dat ’n aantal faktore tot die mislukking van die elektriese netwerk kan lei, ten spyte daarvan dat dit behoorlik in stand gehou word en bykomende geld verkry word om al die fases soos per die omvang van die werk te voltooi sodat daar ’n betroubare energievoorsiening is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button