Local newsLocal sportNewsSport

Marthinus en Francois wen CMR-gholfdag

Gholfspelers ondersteun CMR se gholfdag op Secunda.

SECUNDA – Marthinus Venter en Francois Malherbe het die CMR-gholfdag wat Saterdag, 9 Augustus by Graceland Gholfklub aangebied is, gewen.

Dié dag is gehou om geld vir die CMR in te samel en die CMR het ook ’n stalletjie met worsbroodjies gehad.

Die koue het sommige gholfspelers tuis gehou.

Me. Steffney Rajiah, senior maatskaplike werker by die CMR, het die komitee van Graceland Gholfklub en mnr. Andre Blom, asook New Heights en Buckman vir hul hulp en ondersteuning bedank.

Sy het ook al die deelnemers, borge en almal wat donasies gegee het, bedank.

Van die dienste wat die CMR lewer, sluit in berading vir families, mishandelde kinders, onbeheerbare kinders, weeskinders, ondersteuning aan families wat ’n behoefte aan kos en klere het, huweliksberading, misdaadvoorkoming, egskeidingsberading en hulp met verslawings.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button