NewsSchools

Leerlinge geniet brugboukompetisie

Leerlinge kyk wie kan beste brug bou.

SECUNDA – Die jaarlikse South African Institution of Civil Engineering (SAICE) Brugboukompetisie is op 2 Augustus by Secunda Mall gehou en altesaam sewe hoërskole wat uit 14 spanne van drie leerlinge per span bestaan het, het deelgeneem.

Elke span moes ’n brug uit stokkies bou en die span wie se brug die meeste gewig gedra het, het gewen.

HTS Middelburg het die kompetisie gewen met hul brug wat 169kg kon dra.

Die wenspan het bestaan uit Ockie de Bruyn, Carli Meyer, Thean Botha en hul onderwyser, mnr. Dieter du Preez.

Hoërskool Evander het tweede geëindig en Ligbron Akademie derde.

BASF en Secunda Mall was die twee borge van die prysgeld aan die top drie spanne.

Die brugboukompetisie het 22 jaar gelede begin en is aan hoërskoolleerlinge bekend gestel sodat hulle wiskunde en wetenskap kan gebruik in die ingenieurswêreld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button