Toyota ondersteun behoeftigegroep
Bethal Behoeftigesgroep ontvang hulp van Secunda Toyota.
BETHAL – Secunda Toyota bied ’n helpende hand aan die Bethal Behoeftiges vir hul potjiekoskompetisie op 27 September.
Mnr Harry Mostert, werknemer, gaan met die organisering en ander reëlings van die kompetisie help.
Secunda Toyota borg ook ’n prys vir die kompetisiewenner en hul werksdepartemente word ook vir die kompetisie ingeskryf om geld vir die groep in te samel.
Secunda Toyota gaan ’n koeldrankstalletjie en uitstalling hê en het ook ondernemings en inwoners genooi om in te skryf.
Die doel is om die minderbevoorregtes te help en om ’n verskil te maak.
Vir meer inligting, skakel me. Michelle Viljoen, direkteur, by 060 491 7038 of mnr. Harry Moster (Secunda Toyota) by 082 412 3386.



