BETHAL – Sukkelaar VLU-tak het op 14 Augustus by Hoërskool Hoogenhout se hotelskool vergader.
Me. Jackie Lombard, lid van die tak, het die vergadering met Hebreërs 10 geopen, waarna me. Maureen Coetzee, voorsitter, ’n koevert aan me. Nicolene Smith, onderwyser, oorhandig om haar te bedank vir die gebruik van die hotelskool vir vergaderings.
Me. Elaine Kock, lid, het die notule van 12 Junie voorgelees en die tak se geldsake bespreek.
Van die lede gaan die kongres in Nelsrpuit op 19 Augustus bywoon.
Die interessantste deel van die vergadering was toe me. Ciska Janse van Rensburg, lid, ander lede gewys het hoe om ’n kwilt te maak.
Sy gebruik ’n snylem om haar materiaal in duime op ’n kwiltbord te sny.
Volgens haar moet ’n kwilt blokkies en lyne hê.
“Om ’n kwilt te maak, is terapeuties vir my,” het sy gesê.
Lede vergader weer op 11 September om 9.30vm by Hoërskool Hoogenhout.
Vir meer inligting, skakel me. Coetzee by 082 572 5129.



