Inwoners in Meyerville verlang beter diens
Bome in Esselenstraat veroorsaak kragonderbrekings.
Inwoners in Esselenstraat in Meyerville sukkel al maande met die Lekwa Munisipaliteit om bome, wat kragonderbrekings veroorsaak, te laat snoei.
Volgens ‘n inwoner ontstaan die probleem waneer die wind begin waai, dan sny die krag uit en neem ure om weer aan te gaan. Sy het ook gesê dat as hulle die munisipaliteit bel, die antwoord is dat kragdrade gesteel is, maar haar man, ‘n elektrisiën, meen dit is duidelik dat die bome die probleem veroorsaak.
Die munisipaliteit het op 19 Augustus na die bome kom kyk en beloof om hulle die volgende week te snoei.
Mnr. Sipho Mkwanazi, woordvoerder van die munisipaliteit, het nie teen druktyd kommentaar gelewer nie.



