Local sportNewsSchoolsSport

Hein en Pikkie in wenspan

H.M. Swart bied suksesvolle dag aan.

BETHAL – Laerskool H.M. Swart het Vrydag, 5 September hul jaarlikse gholfdag aangebied en die wenners van die dag is Hein Barnard, Pikkie van Tonder, Jaco Groenewald en Vush Els.

Dit was vanjaar hul elfde gholfdag.

Spanne en ma’s van dié skool het dieselfde kleredrag aangehad en daar was verskeie verversings te koop en uitstallings op die gholfbaan.

Die skool het die ma’s van die Mamma-komitee vir hul harde werk bedank.

Volgens die skool se onderwysers sou die dag nie dieselfde gewees het sonder hulle nie.

Hulle het ook hul borge en die eienaar van die gholfklub, mnr. Gerrie Jordaan, vir hul bydrae bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button