AfriForum toets Standerton se water
AfriForum het op 11 September die Vaalrivier getoets vir E.coli in Standerton
AfriForum het op 11 September waterom vir E.coli te toets, in die Vaalrivier geneem.
Die toestand van die water in die rivier is die afgelope paar maande ‘n groot bekommernis vir inwoners.
Volgens mnr. Hiller Coetzer, AfriForum se voorsitter op Standerton, kan dit tot sewe dae vir die uitslae neem.
“Watermonsters wat in Januarie geneem is, het ‘n E.coli-telling van meer as 1 000 000 eenhede per 100ml water getoon.
“Die nasionale standaard vir rioolwater is minder as 1 000 eenhede E.coli per 100ml water,” het mnr. Marcus Pawson, provinsiale koördineerder van AfrForum in ‘n mediaverklaring op 11 September gesê.
Lees wat ander rolspelers oor die water te sê het in Vrydag se Standerton Advertiser.



