Local newsMunicipalNews

Daar skyn ’n lig vir Bethallers

Munisipale werkers bedrywig met herstelwerk.

BETHAL – Die Ridge Times het vroeër vanjaar oor die toestand van Bethal se dam berig.

Werkers van die munisipaliteit was op 18 September besig om die mini-gholfbane skoon te maak, asook albei die swembaddens.

Die damsaal het baie herstelwerk nodig, soos nuwe kragbokse en vensters en die herstel van die dakke en strukture.

“Ons werk hard om die plek reg te maak,” het ’n werker gesê.

Me. Michelle Viljoen, DA, het baie klagtes oor die dam ontvang en dit op Woensdag, 18 September besoek.

“Die ontspanningsoord by Bethal-dam wat vroëer jare ’n groot trekpleister vir inwoners en besoekers was, het tot só ’n mate verval dat daar vandag niks van die geriewe meer bestaan nie, maar ek kan nou sien dat die werkers dit probeer verander,” het me. Viljoen gesê.

Die dam is tans gesluit.

Mnr. Henry Masango, hoof van bemarking en kommunikasie van die munisipaliteit, het gesê dat dit hul plan is om die ontspanningsoord te verbeter en weer vir die publiek oop te maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button