BETHAL – Die 85 lede van die koor- en orkesgroep van Laerskool Marietjie van Niekerk het op 3 September aan die Hoëveldgroep kooraand op Secunda deelgeneem en dit het goed gegaan.
Die leerlinge het die feesgeleentheid geniet en dit was ’n goeie proeflopie voor hul deelname aan die Bethal Eisteddfod wat op 29 September sal plaasvind.
Die koor- en orkesgroep oefen steeds en tree tydens die skool se dankseggingsaand op.
Piet Smit gaan die gaskunstenaar wees en dit vind op 12 November by die N.G. Kerk Moedergemeente op Bethal plaas en beloof om die hoogtepunt van die jaar se optredes te wees.
Die skool het die kooronderwysers en elke leerling vir hul harde werk bedank.



