MunicipalNewsUpdate

Daar is hoop vir Bethallers

Die lang wag vir aksie is verby.

BETHAL – Die lang wag op kommentaar of aksie is eindelik verby en kontrakteurs is aangestel om die lyne, wat onsigbaar was, weer te verf.

Die Ridge Times het twee weke gelede oor die onsigbare lyne berig.

Lyne in die dorp is al meer sigbaar en hulle is tans besig om die lyne in Schlosberglaan en Lakesidelaan te verf.

Me. Michelle Viljoen, DA-raadslid, het namens die gemeenskap die werkers vir hul harde werk en tyd bedank.

Mnr. Henry Masango, uitvoerende bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die munisipaliteit, kon nie teen druktyd kommentaar lewer nie.

 

 

Padkegels is uitgelê vir verfwerk by die Lakesidelaan- en Schlosberglaan-kruising.
Padkegels is uitgelê vir verfwerk by die Lakesidelaan- en Schlosberglaan-kruising.
Werkers is hard besig om dorp se paaie te verf.
Werkers is hard besig om Bethal se paaie te verf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button