Local newsMunicipalNews

Bethal-verkeerslyne geverf

“Dis asof daar ’n lig vir Bethallers skyn.”

BETHAL – Die lang wag op kommentaar of aksie is uiteindelik verby en kontrakteurs is aangestel om die verkeerslyne wat onsigbaar was, oor te verf.

Die  Ridge Times het twee weke gelede oor die onsigbare lyne berig en oor hoe dit ’n veiligheidsrisiko vir motoriste inhou.

Me. Michelle Viljoen, DA-raadslid, het namens die gemeenskap die werkers vir hul harde werk en tyd bedank.

“Dis asof daar ’n lig vir Bethallers skyn,” het ’n inwoner gesê.

Mnr. Henry Masango, uitvoerende bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die munisipaliteit, kon nie teen druktyd kommentaar lewer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button