Local newsMunicipalNews

Brug steeds ’n probleem

Motoriste kla oor toestand van brug en rommel wat gestrooi word.

BETHAL – Rommel vloei saam met water van die Blesbokspruit naby die brug by die Nestlé-fabriek.

Die water is groen en dit stink.

Inwoners kla ook oor die rommel wat langs die brug gestrooi word.

Die Ridge Times het vroeër vanjaar oor die toestand van die brug berig.

Motoriste moet steeds versigtig ry om ernstige skade te voorkom.

Die een kant van die brug is met grond toegegooi en die pad is vol slaggate weens oorstromings vroeër vanjaar.

Die pad is vroeër vanjaar gesluit, maar daar was steeds motoriste wat dit gebruik het.

Inwoners het gemeen dat die sluiting van die pad verkeer tydens spitstye vererger.

Volgens ’n inwoner het werkers onlangs die lyne op die paaie geverf en na wat verneem word, het die werkers op die grond van die brug geverf.

Mnr. Henry Masango, bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die Govan Mbeki Munisipaliteit, het gesê dat daar vir die herstel van die brug begroot is en dit sal in die volgende finansiële jaar herstel word.

Volgens hom was hy nie bewus van die rommel nie, maar sal seker maak dat daar iets aan gedoen word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button