Riool loop by erf in
Munisipaliteit gee nie aandag aan rioolprobleem op Secunda.
SECUNDA – Inwoners van Springbokstraat sukkel al vir weke met riool wat in die oop veld agter hul huise vloei.
Hulle het die munisipaliteit geskakel en volgens een van die inwoners, het werknemers van die munisipaliteit uitgegaan, maar na die verkeerde plek.
Dié inwoners het sedertdien weer die munisipaliteit geskakel, maar kry geen reaksie nie.
“Hulle sê hulle sal kom kyk, maar dan kom hulle nooit nie.”
Die riool loop al onderdeur die muur in die inwoners se erf in.
Die Echo en Ridge Times het die hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, mnr. Henry Masango, vir kommentaar genader, maar hy het teen druktyd nog nie reageer nie.



