Chante ontslaan na aanranding
Drawwertjie het vir atletiekbyeenkoms geoefen.
EVANDER – Die drawwertjie wat op Donderdag, 16 Oktober aangerand is toe sy gaan draf het, is in die plaaslike hospitaal vir steekwonde aan die kop, bors, regtersy en arm behandel.
Chante Graham (16) is Vrydagmiddag omstreeks 2nm ontslaan.
Sy is ‘n kranige atleet en het vir ‘n byeenkoms in Mbombelo (Nelspruit) geoefen toe ‘n man haar gestop en vir rigtingaanwysings gevra het.
Hy wou haar selfoon leen om ‘n oproep te maak, maar sy het dit nie by haar gehad nie.
“Hy het my toe met die vuis geslaan en het probeer om my in die bors te steek met ‘n silwer voorwerp.
“Ek het met my arm gekeer, waarop die man weggehardloop het,” het Chante gesê.
“Ek het gesukkel om op te staan en het huis toe gehardloop en my pa het my na die hospitaal geneem. Nog niemand is in hegtenis geneem nie. 



