NewsReligion

Vloei van die Heilige Gees is belangrik

Almal is welkom by Roepersfontein Bedieninge.

SECUNDA – Roepersfontein Bedieninge het op 17 Julie hul derde bestaansjaar gevier.

Dié kerk is ’n charismatiese Pinksterkerk wie se begeerte  is om die beeld van God in die gemeenskap te herstel.

Hul visie is om elke lidmaat tot die volwasse persoon te laat groei in Jesus Christus.

“Ons rus mense toe om uit te gaan en ook ander mense te bereik.

“Ons is lief vir God en Sy mense,” het past. Ansie Koekemoer gesê.

Roepersfontein Bedieninge huur die Sewende Dag se Adventiste Kerkgebou in Corneliastraat op Secunda.

Hul dienste is op Sondae om 9vm en hulle bied ook kinderkerk aan.

Hul gemeentebidure is op Dinsdae om 7nm, vroue-bidure is op Woensdae om 10vm, Bybelskool is op Donderdae om 6.30nm en intersessie is op Saterdae om 7nm.

“As jy God in Sy volheid wil ervaar, is jy meer as welkom by ons,” het past. Koekemoer gesê.

Vir meer inligting, skakel haar by 017 634 6040 of 072 125 7076.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button