NewsReligion

Sendelinge deel hul avonture

N.G. Kerk Goedehoop-gemeente en ander ondersteun mense in Papoea-Nieu-Guinee.

SECUNDA – Sendelinge het mense op Donderdag, 30 Oktober meer vertel van hul lewens tydens die N.G. Kerk Kerk Goedehoop-gemeente se donateursete.

Dié geleentheid het in die Basement Teater by Lake Umuzi plaasgevind en sakelui sowel as ander in die bediening is genooi.

Ds. Japie Malan van Adullam Skool en Sendingstasie het mense vertel wat hulle op Adullam doen en foto’s gewys.

Van die sendelinge wat eers op Adullam tuisgegaan het, werk nou in verskeie lande soos Mosambiek en Zimbabwe.

Ds. Malan het die Goedehoop-gemeente asook ander wat dié sendingstasie ondersteun, bedank.

“Moenie ophou om vir ons te bid nie,” het hy gesê.

Mnr. Lourens Lauretti, ’n Suid-Afrikaanse sendeling wat sedert 2007 in Papoea-Nieu-Guinee woon en werk, het ook meer van hom en sy vrou, me. Marie Lauretti, se lewe op dié eiland vertel.

Dié twee sendelinge het ook eers by Adullam tuisgegaan.

Volgens mnr. Lauretti praat die mense van Papoa-Nieu-Guinee bykans 800 tale en is animiste wat voorvadergeeste aanbid.

“Daar waar ons bly, is geen water of elektrisiteit, dit is in die oerwoud.

“Ons het ’n vliegveld gebou en onderhou dit,” het mnr. Lauretti gesê.

Hulle woon in ’n houthuis met watertenks en ’n vliegtuig neem vir hulle noodsaaklikhede.

“Dit is te danke aan jul ondersteuning dat ons dié lewensmiddels kan kry,” het mnr. Lauretti gesê.

Deel van die projek wat dié sendelinge in Papoea-Nieu-Guinee doen, is om die inwoners medies by te staan.

“Hulle het dit vir ons moeilik gemaak en al ons goed gesteel, maar ons moes Jesus vir hulle wys.”

Die sendelinge het ’n geletterdheidsprogram ontwikkel waarmee hulle die inwoners leer lees en skryf.

“Ons het gevra waarom hulle wil leer lees, en hulle het gesê hulle wil die Brief van die Skepper self lees.

“Ons is ook in die proses om die Bybel vir hulle te vertaal en ons het die taal leer praat en kan nou uiteindelik die Evangelie in hul eie taal aan hulle te verkondig.

“Ons het die twee ouens wat ons goed gesteel het, onlangs gedoop nadat hulle tot bekering gekom het.

“Hulle lei nou die Bybelstudiegroep.”

Mnr. Lauretti het ook al die borge en mense wat hul ondersteun, bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button