BETHAL – Hoërskool Hoogenhout het onlangs die dorp se manne bymekaar gekry om na die Manne van die Woord te luister.
Die doel van die aand was nie net om na die manne van Bethal uit te reik nie, maar om ’n tak op Bethal te stig en om Bethallers te help.
Mnr. Dawie Spies, ‘n motiveringspreker, het die aand gelei.
Die ander sprekers was Jannie de Beer (steeds ’n rekordhouer van vyf skepdoele in ’n wêrelbeker rugbywedstryd), Werner Kruger (Blou Bul- en Springbok rugbyspeler) en Vleis Visagie.
“Ons is net gewone manne wat interkerklik saamkom om te bid, te ontvang, te groei en mekaar te ondersteun.
Mans word tydens die byeenkomste opgeroep om hul posisies as priester, profeet en koning van die huishouding op te neem.
Manne van die Woord is ’n landwye interkerklike gebeds- en ondersteuningsgroep van manne wat in ’n passievolle verhouding met die Here Jesus Christus staan.
Die manne het ’n paar vrae vanuit die gehoor beantwoord en hulle het ook hulle getuienis oor hulle lewe en Christenskap gelewer.



