Pastoriemark beloof om pret te wees
Die Pastoriemark dien as ‘n gemeenskapsprojek waar kunstige mense hulself of hul artikels kan bemark.
BETHAL – Die tweede Pastoriemark wat deur die N.G. Kerk se Noordgemeente aangebied word, vind vanaf 2 tot 6 Desember plaas en is daagliks vanaf 9vm tot 7nm oop.
Artikels wat die publiek kan koop, is borduurwerk, doeke met verskeie kunswerke, metaalkuns, houtwerk, juwele, sepies, boodskap spoelklippies, boeke, klere, serpe, kaartjies, boekmerke, krale, speelgoed, skool- en kleuterskool hulpmiddels, badsoute, wipplanke, snug-a-plugs, biltong en wynsakke en gebreide speelgoed om maar net ’n paar te noem.
Produkte wat te koop is, is geelmeel, beskuit, konfyte, lekkers, Kerskoeke, kleinkoekies, koeksisters, vleispasteitjies, droë vrugte en bokmelk-produkte.
Vir die kinders is daar SandArt klasse, tydelike tattoos, gesigverf, rekkies ryg en ’n gratis springkasteel.
Die sangeres, Rhona van der Merwe, tree die Vrydagmiddag vanaf 2nm tot 7nm op.
Daaglikse aandetes word teen R40 verkoop en mense kan bestellings plaas deur die volgende mense te skakel: me. Ella Louw by 072 548 1329 of me. Maxie Steenkamp by 082 401 4840.
By die teetuin kan mense ontspan met ligte verversings en middagetes.
Die mark dien as ‘n gemeenskapsprojek waar kunstige mense hulself of hul artikels kan bemark.
Skakel me. Marita Oosthuizen by 082 291 3558.



