
BETHAL – Met die feestyd om die draai, beplan die Christene op Bethal om hulde te bring aan die Christuskind wat gebore is.
’n gesamentlike Kerssangdiens word jaarliks by een van die kerke gehou waarby die meeste van Bethal se denominasies betrek word.
’n Kerssangdiens word op Sondag, 30 November om 6.30nm by die N.G. Kerk se Bethal-Oosgemeente in Wichtstraat gehou.
Gawie Stoltz, ’n internasionaal bekende orrelis, en twee soliste tree as kunstenaars op.
Me. Ingrid Human het plaaslike talent van Bethal genooi wat ook tydens die Kerssangdiens optree.
Bethallers word genooi om in die feestelike stemming te kom saamsing en die tyd op die regte feestelike manier in te gaan.



