CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Egpaar verskyn in hof vir molestering

Senekal-egpaar se saak tot volgende jaar uitgestel.

SECUNDA – Mnr. Hermanus en me. Marie Senekal, ’n bejaarde egpaar, het op Woensdag, 3 Desember in die Secunda Streekshof verskyn op aanklagte van seksuele misdrywe teen kinders.

Die egpaar is van Balfour en me. Senekal was die eienaar van ’n kleuterskool daar.

Mnr. Senekal het glo dogtertjies en seuntjies seksueel aangerand.

Hy kon die vorige keer toe sy hofsaak voorgekom het, nie verskyn nie omdat hy in die hospitaal was met hartversaking.

Die saak is tot 19 Januarie uitgestel.

Die DA was Woensdag by die hof as deel van hul ondersteuning van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders en om hul ondersteuning aan die slagoffers te wys.

Hulle het ook speelgoed aan die kinderwagkamer by die hof geskenk.

 

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button