CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Man brand huis af na hy vrou, baba wegjaag

Gas en brandstof gebruik in brandstigting.

SECUNDA – ’n Middeljarige man het blykbaar sy huis op Sondag, 18 Januarie met gas en brandstof probeer afbrand nadat hy ’n argument met sy vrou gehad en haar van die perseel weggejaag het.

Die vrou en sy agt maande baba was nie op die perseel toe die ontploffing plaasgevind het nie.

Inwoners van Wolhuterstraat, Uitbreiding 23, het ’n groot slag gehoor toe die eerste gasbottel ontplof het.

Daar was na bewering vier ontploffings en die man het ná die derde een uit die brandende huis gehardloop.

Die polisie en die brandweer van Evander was op die toneel en het die vuur geblus en van die gesin se besittings verwyder.

Die man het op Dinsdag, 20 Januarie in die Secunda Landdroshof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button