Polisie deur haweloses gedreig
Asgate is onveilig, selfs vir die polisie.
SECUNDA – Mense wat by die asgate bly en metaal bymekaar maak, het onlangs twee polisielede omsingel en met ’n ysterpyp op hulle afgestorm.
Adj. off. Oosie Oosthuizen en konst. Dalton Sibanyoni het op ’n klagte reageer en na die asgate gegaan toe die gebeure plaasgevind het.
Die klagte het gegaan oor dié mense wat onwettig metaal bymekaar maak en ’n mens moet volgens wet ’n lisensie hê om dit te doen.
Die polisielede het met een van die mense gepraat, waarna ’n groep van bykans 50 op hulle afgestorm het.
Kapt. Sibanyoni het verder met hulle gepraat en hulle oorreed om nie die polisie aan te val nie.
Hulle het ook die hulp van ander polisielede ingeroep en versterkings het opgedaag.
Niemand is na die voorval in hegtenis geneem nie.



