HM Swart-atlete blink uit
Skool bied suksesvolle interhuisatletiekbyeenkoms aan.
BETHAL – Laerskool H.M. Swart het onlangs hul interhuisatletiekbyeenkoms aangebied waartydens sewe rekords verbeter en twee rekords geëwenaar is.
Jacques Bosch is as die beste junior baanatleet junior Victor Ludorum aangewys en Chandré Farmer as die beste junior baanatleet en junior Victrix Ludorum.
Manelisi Ngobese is as die beste senior baanatleet en senior Victor Ludorum aangewys en Megan Herbst as die beste senior baanatleet en senior Victrix Ludorum.
Die beste veldatlete is Ximmone de Waal en Rudolph Scholtz.
Samuel Fourie en Kayla Jorge is die beste middelafstandatlete.
Atlete wat rekords verbeter het, is Ximmone de Waal (gewigstoot), Megan Herbst (200m-hekkies), Morongwe Moselane (verspring), Manelisi Ngobese (verspring) en Janco Swart (hoogspring).
Rekords wat geëwenaar is:
* Ruben Herbst in die 200m vir S0/13.
* Manelisi Ngobese het die S0/12-100m-rekord wat in 1994 deur Riaan Dempers, ’n oud Afika-rekordhouer, opgestel is, geëwenaar.
Die volgende atletiekbyeenkoms is op Dinsdag, 3 Februarie by Laerskool Taalfees op eMalahleni (Witbank).
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



