BETHAL – JayC van der Walt, ’n gr. 7-leerling van Laerskool Marietjie van Niekerk, het die afgelope week redenaars in die Hoëveldstreek rede gegee om weer te glimlag.
Die ATKV Redenaarskompetisie het vanjaar ’n nuwe baadjie aangetrek wat leerlinge se oë laat rek het.
JayC het die krisis gesien en die oplossing gevind.
Daar is met die hulp van me. Ibel Beukes die Kans!vatter kursus “Wees-voorbereid-vir-die-onvoorbereid” op Vrydag, 20 Februarie by Laerskool H.M. Swart aangebied.
Die skool het 33 leerlinge toegerus.
JayC is sedert 2013 ’n Kans!vatter ambassadeur.
Sy het al verskeie Kans!vatter-kursusse voltooi en lewer reeds ’n aktiewe bydrae tot die skryf en redigeer van redenaarstoesprake, asook die aanleer van basiese sprekervaardighede aan junior sprekers.
Te midde van druk programme, het leerlinge van Laerskool H.M. Swart, Laerskool Kruinpark, Laerskool Secunda, Laerskool Goedehoop, Hoërskool Hoogenhout, Hoërskool Ligbron, Hoërskool Secunda en Hoërskool Ermelo hierdie kursus bygewoon.
Kans!vatter is sedert 2012 landwyd besig om leerlinge toe te rus om onafhanlik navorsing te doen, toesprake te skryf en met selfvertroue hul boodskap aan luisteraars oor te dra.
Sedert 2013 word jaarliks ’n kompetisie in Pretoria gehou waar leerlinge geleentheid kry om die fees van sprekerwees te ondervind.
- Besoek gerus Kans!vatter se webwerf by Kansvatter.co.za of hul Facebookblad.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



