Jimmies wen interskole-atletiekbyeenkoms
“Vir Jim van Tonderskool is dit ’n uitsonderlike prestasie omdat die skool laas in 1990 die interskolebyeenkoms gewen het,” het me. Lizé van der Walt, onderwyser, gesê.
BETHAL – Jim van Tonderskool het die interskole-atletiekbyeenkoms gewen.
Die L-SOB-skole van Mpumalanga het dié byeenkoms op 25 Februarie by die Secunda Sportstadion op Secunda aangebied.
Die gasheerskool was Ethokhomalo Secondary School van Kinross.
Jim van Tonderskool het 554 punte gehad en met die wentrofee weggestap.
“Vir Jim van Tonderskool is dit ’n uitsonderlike prestasie omdat die skool laas in 1990 die interskolebyeenkoms gewen het,” het me. Lizé van der Walt, onderwyser, gesê.
Thapelo Chiwene is die senior Victor Ludorum en Antoinette Kruger is die senior Victrix Ludorum.
Onder die juniors is Sanele Mgwebane as die beste veldatleet aangewys en Sesi Lukhele as die Victrix Ludorum.
Thapelo Chiwene (hoogspring), Zanele Mkhwebane (gewigstoot), Antoinette Kruger (200m-kortafstande) en Jabulile Xaba (gewigstoot) het rekords tydens die byeenkoms verbeter.
Lebotsa Mthimkulu het 811-tabelpunte verwerf, Thapelo Chiwene 727, Nakedi Shongwe 705 en Ngomane Sibongiseni 700.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



