Tannie Poppie besoek skool
Leerlinge geniet kookkompetisie by Oosterland.
SECUNDA – Tessa van Wyk en Jané van den Berg het op Saterdag, 28 Februarie die Mastersjef-kookkompetisie by Hoërskool Oosterland gewen.
Tannie Poppie Coetzer van die Kokkedoor-televisiereeks was die spesiale gas en het gewys hoe om ’n toebroodjie te maak.
Sy het die kokke gehelp en ook van die disse beoordeel.
Me. Coetzer het van haar nuwe resepteboeke saamgebring wat te koop was.
Leerlinge moes hul storie ken in die kombuis en het 12 verskillende souse proe terwyl hulle geblindoek was en dit moes identifiseer.
Hulle moes ook ’n souttert proe en sê watter bestanddele dit bevat.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



