Drew-Anne Duggan, 17-jarige kranige krieketspeler van Ligbron Akademie vir Tegnologie, is in die Mpumalanga senior vrouekrieketspan opgeneem wat eerskomende naweek teen die KZN Inlands-span in Pietermaritzburg speel. Dit is ’n besondere prestasie op haar jeugdige ouderdom.