SECUNDA – Past. Omri en me. Renette Brink stel op Sondag, 15 Maart hul nuwe gemeente, God Eerste/First Kerk, bekend.
Die egpaar is sedert Mei 2009 voltyds in die bediening op Secunda en volgens past. Brink gaan die God Eerste/First Kerk ’n kerk vir die dorp wees en nie ’n kerk in die dorp wees nie.
“Ons wil die God Eerste/First Kerk met die behoeftes wat mense in die Govan Mbeki munisipale gebied ondervind, integreer,” het past. Brink gesê.
“Jesus het mense ontmoet op die markplein en op vreemde paaie en in vreemde omgewings, dit is ons ondervinding om ’n kerk op dié vreemde plekke te wees.
“Die Basement Teater is die plek waar die God Eerste/First Kerk mense op die markplein wil ontmoet.”
Enige iemand is welkom om dié kerk se dienste op Sondag, 15 Maart om 9.30vm by te woon.
Vir meer inligting, skakel past. Brink by 082 853 6515.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



