Diewe plunder vroegoggend
’n Inwoner en sy familie is in die vroegoggendure beroof.
’n Inwoner en sy gesin is in die vroegoggendure van 17 Maart beroof.
Die man, sy vrou en dogter, was tydens die voorval vas aan die slaap.
“Ek was omstreeks 2.30vm badkamer toe en het niks agtergekom nie en het deur die huis gestap om te kyk of alles nog reg was,” het hy gesê.
“Ek het 4.30vm opgestaan en wou gholf op die Wii speel en het agtergekom die televisie is weg.”
Die boewe het die diefwering by sy sitkamervenster ingebuig om toegang tot die huis te verkry.
Na verdere ondersoek het hy besef dat benewens die televisie, almal se selfone, sy vrou se handsak, twee skootrekenaars, twee hardeskywe en ’n tablet gesteel is.
Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.



