Annemarie streef daarna om ander te inspireer
Nuwe VLU-tak se voorsitter wil lede lei en inspireer.
BETHAL – Me. Annemarie Bothma, nuwe voorsitter van die VLU Bethaltak, het gesê sy het ’n sterker vrou geword sedert sy lid van die VLU is.
Sy is al drie jaar lank ’n lid van dié tak en volgens haar kon sy nie ’n beter tak gekies het nie.
“Ek het in 2011 op Bethal aangekom en was baie eensaam,” het sy gesê.
“Die VLU het my gehelp om vriende te maak en om myself as vrou te verbeter.
“Ek het kosbare vriendinne by die VLU gemaak.”
Haar doelwitte vir die tak is om meer vroue betrokke te kry, mense te lei en hulle te inspireer.
“Om die voortbestaan van die tak te verseker is nog een.”
Me. Bothma geniet die VLU-kompetisies, -byeenkomste en die lekker saam kuier.
Sy is op 10 November 1951 in Pretoria gebore en het haar laerskool- en hoërskoolloopbane op Sabie voltooi.
Sy is in 1970 met mnr. Awie Bothma getroud en hulle het twee kinders en twee kleinkinders.
In haar vrye tyd bak sy graag, doen naaldwerk, brei en doen blommeversierings.
Volgens haar het die wêreld baie verander.
“Mense kan nou gemaakte kos by winkels koop, kinders kan nie meer in strate sokker of krieket speel nie en ’n mens moet vandag só versigtig wees in alles wat jy doen.”
Me. Sophia Jordaan (84), VLU-lid, inspireer haar omdat sy altyd positief en aan die gang is.
“My lewensmotto is dat ons Vader my daagliks krag gee en dis waaraan ek vasklou en glo,” het me. Bothma gesê.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



