CrimeEditor's choiceLocal newsNewsUpdate

Misverstand lei tot paniek, mans vrygelaat na inhegtenisname

Oorhaastige optrede laat twee mans op 20 Maart by die verkeersdepartement in warm water beland.

Oorhaastige optrede het twee mans op 20 Maart in warm water laat beland.

Volgens die inligting deurgegee aan mnr. Jannie Kasselman van Kasselman Veiligheidsdienste, het twee mans ’n man van ’n bank op die dorp agtervolg.

“Toe die man by die verkeersdepartement aankom, wou die mans hom beroof,” het mnr. Kasselman gesê.

“n Vuurwapen is moontlik gebruik, maar kon nie opgespoor word nie.

“Verkeersbeamptes het die vermeende diewe gevange geneem en ons geskakel om die verdagtes aan te hou.”

Volgens hom het hulle ’n oog op die verdagtes gehou totdat die polisie hulle in hegtenis geneem het.

“Die man het nie eens ’n saak by die polisiestasie oopgemaak nie,” het kapt. Mark Nortjé van Standerton gesê.

Volgens kapt. Nortjé het die man R15 000 by ’n bank op die dorp getrek.

Hy was op pad lisensiekantoor toe en het vermoed dat twee mans hom agtervolg.

“Die man het in die lisensiekantoor gestap en het een van die verdagtes sy hand in sy sak gesien sit,” het kapt. Nortjé ook gesê.

“Hy het gedink die man wou ’n geweer uithaal.

“Die man het toe sy sak met geld oor die toonbank gegooi want hy het aangeneem hy word beroof.”

Die twee mans is in hegtenis geneem, maar later vrygelaat.

Die polisie is aanvanklik, volgens kapt. Nortjé, in kennis van ’n gewapende roof gestel, maar geen vuurwapen is op die toneel gekry nie.

 

Lees die oorspronklike artikel hier: Moontlike roof deur verkeersbeamptes gefnuik

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button