SECUNDA – Laerskool Secunda se rugbyspanne het vanaf 20 tot 22 Maart op ’n rugbytoer na Nyati gegaan en presteer.
Philip Swart (0/11-span) van Laerskool Secunda is as die agterspeler van die toernooi aangewys en dié skool se 0/11-rugbyspan het ook die spangeesbeker gewen.
Michael Malan wat vir die skool se eerstespan speel, is as die voorspeler van die toernooi aangewys en Euni van Rooyn as die agterspeler van die toernooi.
Laerskool Secunda se eerstespan het ook ’n spangeesbeker ingeplam en is as die belowendste span van die toernooi aangewys.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



