SECUNDA – Dr. Cival Mills (40) se dood op Vrydagaand, 3 April het skokgolwe deur die land gestuur.
Volgens sy pa, dr. Neville Mills, het sy seun Vrydagaand by vriende in Pretoria gekuier toe hy dood is.
“Ons is nie seker wat gebeur het nie, maar ons vermoed hy het verstik of dit kon ’n hartaanval gewees het,” het dr. Mills gesê.
Die vriende waar hy gekuier het, is dieselfde mense saam met wie hy gaan diepseeduik het.
Boodskappe op dr. Mills se Facebook-profiel het sedert sy dood ingestroom soos mense met die familie gesimpatiseer en hul skok oor sy dood uitgespreek het.
Dr. Mills se roudiens vind op Vrydag, 10 April om 2nm vanuit die N.G. Kerk Kerk Wierdapark plaas en sy suster, me. Madie Dittrich, het gevra mense moet dié inskrywing op dr. Cival Mills se Facebook-profiel gaan ‘like’ om haar ’n aanduiding te gee van hoeveel mense die roudiens gaan bywoon.

Kliek op die skakels onder vir videos van sy lewe asook die volle berig.
Dr. Cival Mills sterf
Video – Nothing is Impossible – Dr Cival Mills
Video – Dr Cival Mills art



