BETHAL – Elf van Hoërskool Hoogenhout se atlete gaan gedurende die vakansie aan die nasionale atletiekkampioenskap in Rustenburg en Bloemfontein deelneem.
Mnr. Duane Botha, onderwyser, het gesê dit is die eerste keer sedert 1998 dat die skool weer 11 atlete het wat gaan deelneem.
Ander prestasies vir dié skool, sluit in Willaine Bock wat in in landsdiens uitblink.
Sy is een van die agt leerlinge van Mpumalanga wat genooi is om vir die volgende twee jaar op die jeugraad te dien.
Die leerlinge is gekies omdat die Mpumalanga-bestuur van mening is dat hulle die streek uitstekend sal verteenwoordig en nie sal bang wees om standpunt in te neem nie.
Die beraad is in Port Elizabeth en skop op 30 April af.
Mense kan ook die skool se webwerf by www. Hoogenhout.co.za besoek.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590




