Vragmotorbestuurder swaai uit vir slaggate, keer om
Volgens hom het hy vir ’n slaggat uitgeswaai en langs die pad gestop.
’n Vragmotor het op 2 April omgekeer langs die Leandra-pad.
“Ons het van Wadeville af gery om seep op Standerton af te laai,” het die bestuurder gesê.
Volgens hom het hy vir ’n slaggat uitgeswaai en langs die pad gestop.
“Met die wat ek uitgeswaai het, het al die seephouers aan die een kant van die voertuig beland,” het hy gesê.
“Toe ek stop, het die vragmotor van die pad af gegly en met die redelike afdraand op sy kant tot stilstand gekom.”
Daar was drie mans in die vragmotor tydens die ongeluk, maar niemand is beseer nie.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805







