CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Verdagtes vasgetrek na gewapende roof

’n Vrou het glo by ’n bank geld getrek waar die verdagtes haar oorrompel en ontvoer het.

Kasselman Veiligheidsdienste het oomblikke gelede vyf verdagtes op die R39 Ermelo-pad naby die Standerton Waterwese-afrit vasgetrek.

Kasselman het die die mans en ’n vrou, wat in die voertuig gevlug het, agternagesit.

Na wat verneem word, word die mans met ’n roof op Ermelo naby die vliegveld verbind.

’n Vrou het glo by ’n bank geld getrek waar die verdagtes haar oorrompel en ontvoer het.

Hulle het haar by die plaaslike vliegveld met ’n vuurwapen aangehou, aangerand en die geld gebuit.

Polisie van Ermelo het die verdagtes na die Ermelo Polisiestasie geneem waar die saak geopen is.

Kry jou uitgawe van die Standerton Advertiser om die volledige berig te lees.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button