CrimeEditor's choiceLocal newsNewsUpdate

Gewapende roof op Morgenzon

’n Vulstasie is omstreeks 12nm op Morgenzon beroof.

’n Vulstasie is omstreeks 12nm vandag op Morgenzon beroof en die skuldiges het in ’n minibus weggejaag.

Volgens mnr. Jannie Kasselman van Kasselman Veiligheidsdienste het die Morgenzon Polisie hom in kennis van ’n gewapende roof gestel.

Die minibus het op die Gladdedrift-pad, sowat 10km buite Villiers, stilgehou en die vermeende diewe het in die mielievelde in gehardloop.

 

Volgens hom is nog sewe mans op vrye voet.

Twee vliegtuie help met die soektog, saam met die polisie en boere in die omgewing.

UPDATE:

Volgens mnr. Kasselman is daar nou vier verdagtes in hegtenis geneem.

“Ons soek nog na die ander vier,” het hy gesê.

UPDATE: 8am

Volgens mnr. Kasselman is daar gister nege verdagtes in hegtenis geneem.

Die laaste van die verdagtes was net na 11nm in die mielielande op mnr. Daan Jordaan se plaas vasgetrek.

Die verdagtes is na verskillende polisiestasies geneem waar sake teen hulle oopgemaak is.

“Bykans 100 boere het met die soektog gehelp.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button