EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Maak seker jy kry Pieter Koen se nuwe CD

Wat Die Hart Van Vol Is het lekker danssnitte soos “Tydmasjien”, “Doenit Net”, “Die Een Ding Wat Ek Doen” en “Waar Lê Jy Vanaand”, maar ’n dieper, gevoelvolle aanslag word in ander snitte aangewend.

Bekende en bekroonde televisie-aanbieder en sanger, Pieter Koen, se agtste album Wat Die Hart Van Vol Is, kan deur drie gelukkige lesers gewen word.

Die boorling van Standerton se familie is in die musiekwêreld met oupa wat die konsertina, kitaar, bekfluitjie en kitaar bespeel tot ma Elize, wat as Elize Cilliers in die sewentigs en tagtigs saam met bekendes soos Sias Reynecke, Lance James en Al Debbo getoer het.

“Hy het op die verhoog grootgeword,” het me. Elize Smith gesê, wat enige moontlikheid van verhoogvrees uitskakel.

Pieter het in die kore van Laerskool Standerton en Hoërskool Standerton gesing en was ’n lid van die Drakensbergse Seunskoor en Hoëveldse Kinderkoor.

Volgens me. Smith is Pieter baie tydgebonde weens werksdruk, maar kan sy hom weekliks op televisie sien.

Pieter en sy vrou, Lotie, het drie kinders, Jovan, Jayden en Luné.

Pieter is sedert 1997 in die vermaaklikheidsbedryf, maar na die destydse Skud Jou Biscuit was sy naam op almal se lippe.

“Baie het gebeur sedert ek my eerste cd vrygestel het.

“Hit Factory Record het my genader en saam is die volgende musikale hoofstuk ingelei.”

Wat Die Hart Van Vol Is het lekker danssnitte soos “Tydmasjien”, “Doenit Net”, “Die Een Ding Wat Ek Doen” en “Waar Lê Jy Vanaand”, maar ’n dieper, gevoelvolle aanslag word in ander snitte aangewend.

Murray Lubbe het die album vervaardig en musikante soos Floors Oosthuizen, Danny Smoke, Denny Lalouette, Vinnie Henrico, Ricus Nel en Matthys Maree het aan die produksie gewerk.

Van die hartroerende ballade “Moenie Dink Nie Ons Doen Dit Net” tot “Man Van Staal” is ’n toonbeeld van sy talent.

Pieter het met musiek begin en televisie en radio het later gevolg.

Volgens hom is die toekoms van Afrikaanse musiek so sterk soos die toekoms van die Afrikaanse taal.

Op die koop toe is Pieter weer vir ’n SAMA genomineer en ondersteuners sal nie teleurgesteld in die jongste cd wees nie.

“Die nominasie voel soos Kersfees in Maart,” het Pieter gesê.

Beantwoord die vraag elders op die bladsy en staan ’n kans om vir die kompetisie in aanmerking te kom.

Volg die aanwysings en handig jou antwoord by Burgerstraat 13B in.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie sal later bekendgemaak word.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button