CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Jong mans verskyn in hof op aanklag van aanranding

Die een slagoffer het na bewering sy bewussyn na die aanval verloor, terwyl die ander een met ’n glas teen die kop en in die gesig gesteek is.

Vier jong mans het op 28 April in die Standerton Landdroshof verskyn op ’n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Die voorval hou verband met twee gr.11-leerlinge van Hoërskool Standerton se aanranding verlede Vrydag.

Volgens een van die seuns se pa het hulle by vriende op die terrein van Hoërskool George Hofmeyr gekuier.

Die een slagoffer het na bewering sy bewussyn na die aanval verloor, terwyl die ander een met ’n glas teen die kop en in die gesig gesteek is.

Die een seun se pa het reeds regshulp ingewin.

Die motief vir die aanval is onbekend en die name van die beskuldiges kan nie bekend gemaak word nie, omdat sommige minderjarig is.

Die beskuldiges is vrygelaat en moet weer op 28 Mei in die hof verskyn.

Die Standerton Advertiser sal lesers op hoogte hou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button