Vier seuns berei voor vir Ierland
Rugbyspelers is afhanklik van donasies.
BETHAL – Rusty Jacobs, Stoffel Smith, Jacques Roccher en Ruben Lello van Hoërskool Hoogenhout is deel van die rugbyspan wat in Oktober na Ierland toer.
Hulle is uit 1700 spelers landwyd gekies vir die Suidelike Kaap Rugbyspan.
Elke seun is verantwoordelik vir sy eie toerkoste en die totale bedrag beloop R29 400.
Die leerlinge staan gereeld by die verkeersligte voor die Secunda Mall om geld in te samel en is afhanklik van donasies.
Volgens me. Amanda Jacobs is die seuns harde werkers en verdien hulle die geleentheid.
As jy ’n bydrae wil lewer, skakel Hoëskool Hoogenhout 017 647 6333.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



