MTN word weer geteiken
Die MTN-winkel op Standerton was weer die teiken van ’n roofpoging.
Die MTN-winkel op Standerton was gisteroggend weer die teiken van ’n roofpoging.
“’n Man het glo by die onderneming ingestap met ’n papier met verskillende selfone op en vrae begin vra,” het mnr. Piet van Gin van Kasselman Veiligheidsdienste gesê.
“Daarna het nog ’n man met ’n koerant aan die sy ingestap met vermoedelik ’n vuurwapen onder die koerant.”
Volgens mnr. Van Gin was daar een persoon in ’n voertuig wat buite vir die twee mans gewag het.
“Hulle wou een van die vroulike werknemers agter in die winkel toesluit,” het hy ook gesê.
“Terselfdertyd het ’n polisievoertuig naby die winkel gestop en die man in die motor het die twee in die winkel laat weet en hulle het weggery.”
Volgens mnr. Gin is niemand beseer en niks gesteel nie.
Die Standerton Polisie ondersoek die saak.



