Local newsNews

Evander-veearts waarsku teen oud-werknemer

Man is nie opgelei om diere te steriliseer nie.

EVANDER – Die personeel van ’n plaaslike dierekliniek, het die publiek teen een van hulle voormalige werknemers gewaarsku.

Dié werknemer was glo net ’n skoonmaker en het gehelp om die diere vas te hou as die veearts operasies uitgevoer het, maar hy doen glo nou self sterilisasies en kastrasies in eMbalenhle vir R300 tot R500.

Hy is by die dierekliniek afgedank omdat hy nie opgedaag het vir werk nie.

Dit is ook nie duidelik of hy die diere onder verdowing plaas of narkose gee of pynstillers gee wanneer hy dié operasies uitvoer nie, want die verdowings- en narkosemiddels en pynstillers kan net deur veeartse bestel en verkry word.

“So hy kry dit of onwettig, of hy plaas die diere nie onder verdowing of narkose nie,” het een van die personeellede van die dierekliniek gesê.

Hy sê glo vir mense hy is deel van die dierekliniek waar hy gewerk het, maar hy is nie en mense word gewaarsku om eerder hul diere na die dierekliniek self te neem vir behandeling en hulle nie aflaai by dié man wat mense glo langs die pad kry en dan die operasies op hul diere gaan uitvoer nie.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button