Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

AfriForum veg vir inwoners se reg op elektrisiteit

Volgens mnr. Pierre Schnetler, DA se koukusleier in die Lekwa Munisipaliteit, is wat nou op Standerton gebeur net weer bewys dat mense nooit moet glo die stryd is verlore of dat die uitdagings te groot is nie.

Eskom het die afgelope tyd begin om formele kennisgewings aan munisipaliteite, met wie hulle nie terugbetalingsooreenkomste kon bereik nie, uit te reik.

Lekwa Munisipaliteit is een van die munisipaliteite.

Die kennisgewings vra dat belangegroepe, wat deur die onderbrekings beïnvloed gaan word, die nodige kommentaar voor 2 Junie indien.

Volgens AfriForum sal Eskom binne slegs twee dae ’n finale besluit neem wat op 4 Junie gepubliseer sal word.

“Dit is nie genoeg tyd vir ’n rasionele besluit oor iets wat duisende mense, ondernemings, gemeenskapsorganisasies en staatsinstellings soos hospitale en skole, nadelig kan beïnvloed nie,” het mnr.Tiaan Esterhuizen, AfriForum se bestuurder van gemeenskapsake, gesê.

AfriForum het Eskom gewaarsku dat as hulle op 4 Junie aankondig dat hulle voortgaan om munisipaliteite se kragtoevoer te staak, hulle slegs twee uur kennis sal ontvang van ’n dringende interdik om dit te verhoed.

Volgens AfriForum het hulle nie die reg om kragtoevoer te staak nie, omdat die munisipaliteite ’n grondwetlike en statutêre verantwoordelikheid het om basiese munisipale dienste te lewer.

Dit is ook ongrondwetlik, volgens AfiForum, vir Eskom om indirek die kragtoevoer na opbetaalde verbruikers, wat geregtig is op elektrisiteit, te staak.

Volgens mnr. Esterhuizen is Eskom veronderstel om die remedies wat beskikbaar is in die Wet op die Regulering van Elektrisiteit (No. 4 van 2006) te volg wat minder drasties sal wees as om ’n gemeenskap se totale kragtoevoer te staak.

Eskom kan NERSA (Die Nasionale Energiereguleerder) oor die wanbetaling nader en vra dat hulle kragtens artikel 18 van die Wet ’n kennisgewing van nakoming uitreik.

Indien die munisipaliteite daarna steeds nie aan hulle lisensievoorwaardes voldoen nie, mag NERSA hulle beboet met 10% van hul jaarlikse inkomste of R2-miljoen per dag vandat die kennisgewing ontvang is.

Eskom kan verder vir NERSA vra om swakbetalende munisipaliteite se lisensies te kanselleer en dit aan die distriksmunisipaliteit of aan Eskom self toe te ken.

“Hoewel AfriForum simpatie het met Eskom se situasie, kan ons nie toelaat dat betalende verbruikers van elektrisiteitsdienste ontneem word nie,” het mnr. Esterhuizen ook gesê.

“NERSA en die LUR vir plaaslike regerings moes vroeër ingetree het om die ophoping van skuld te verhoed.”

Volgens mnr. Pierre Schnetler, DA se koukusleier in die Lekwa Munisipaliteit, is wat nou op Standerton gebeur net weer bewys dat mense nooit moet glo die stryd is verlore of dat die uitdagings te groot is nie.

“Die volgehoue druk wat die DA en die gemeenskap van Standerton uitgeoefen het, het tot gevolg gehad dat die Lekwa Munisipaliteit sowat R52-miljoen vanaf Desember 2014 tot einde Maart 2015 aan Eskom oorbetaal het,” het mnr. Schnetler gesê.

“Die raadsbesluit, wat op aandrang van die DA aanvaar is, dat alle geld vir kragverbruik aan Eskom oortebetaal moet word, sal hopelik tot gevolg hê dat Standerton, wat een van die 20 dorpe is wat geklassifiseer is as die swakste betalers aan Eskom, nie meer met addisionele beurtkrag gepenaliseer word nie.”

Volgens die DA het hulle BETAAL ESKOM DIREK petisie, wat deur duisende inwoners geteken is, beslis die gewenste rusultaat gehad, tot so ’n mate dat Eskom se nuwe uitvoerende hoof nou die gedagte ondersteun.

“Die DA-raadslede sal maandeliks kontroleer of daar by die raadsbesluit gehou word en indien nie, sal daar daadwerklik opgetree en nie gehuiwer word om ’n klasaksie teen die raad in te stel nie,” het hy ook gesê.

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button