Editor's choiceLocal newsMunicipalNews
Inwoners vir vier weke sonder water
Volgens ’n inwoner is daar elke paar maande nie water nie.
Inwoners van Standerton Korrektiewe Dienste is woedend na hulle weer sonder water vir die afgelope vier weke sit.
Die Standerton Advertiser het in Mei verlede jaar oor dieselfde probleem berig.
Volgens ’n inwoner is daar elke paar maande nie water nie.
“Daar kom twee keer ’n dag ’n watertrok, maar dit is so vinnig in en uit dat nie almal water kry nie,” het sy gesê.
Dit is nie net die inwoners wat daaronder ly nie, maar die gevangenes ook.
Die Kosmospark-omgewing is in dieselfde bootjie.
Lees in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser wat inwoners en die munisipale woordvoerder aangaande die saak te sê het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



