AfriForum bedrywig op dorp (Volledige berig)
Die gebruik van jou hande om jouself te verdedig is bespreek, sowel as die sensitiewe plekke soos oë, neus en keel, waar 'n aanvaller kwesbaar is.
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het op 13 Mei om 5.30nm die inwoners van Standerton touwys oor beveiliging gemaak.
AfriForum bemagtig die publiek deur selfdoen-aksies binne die gemeenskap.
Dit is deel van die inisiatief om gemeenskappe te leer om hulself te beskerm.
Vroue en kinders word nie oor die hoof gesien nie met selfverdediging, teenverkragtingsaksies en noodhulp wat aandag kry.
Altesaam 20 vroue is prakties gewys hoe om ‘n moontlike verkragtingsaanval teë te staan.
Die instrukteur, mnr. Wynand van Zyl, het die vroue verdedigingstegnieke gewys.
Vroue kan hulself beskerm deur pepersproei en ‘n knipmes byderhand te hê vir gevaarsituasies, maar die pepersproei moet liefs nie in die handsak gedra word nie omdat dit moeilik bereikbaar kan wees. Mnr. Van Zyl het vroue gemaan om nie in die aand uit te gaan as ‘n oortreder op jou erf is nie.
Die gebruik van jou hande om jouself te verdedig is bespreek, sowel as die sensitiewe plekke soos oë, neus en keel, waar ‘n aanvaller kwesbaar is.
“Ons gaan dit weer, op aandrang van die vroue, aanbied,” het mnr. Hillel Coetzer, voorsitter van die plaaslike tak, gesê.
Die mans is terselfdertyd in ‘n ander gedeelte van die Sportsaal van Hoërskool Standerton met buurtwagopleiding besig gehou.
Wanneer gemeenskappe in buurtwagte verenig is, kan inligting vinnig en doeltreffend by belanghebbendes uitkom. Dié organisasie lei sy lede op in die doeltreffende bestuur van die buurtwag ten opsigte van struktuur, magte, patrollies, kommunikasie en benutting van beskikbare hulpbronne.
“Ek is teleurgesteld dat slegs 18 van die 43 lede opgedaag het,” het mnr. Coetzer ook gesê.
AfriForum is van mening dat die polisie nie die nodige strukture in plek het om die gemeenskap daadwerklik te beskerm nie.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



