EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Checkmate bied afslag aan

Checkmate spesialiseer in mansmodes.

SECUNDA – Checkmate, mode vir mans, wat in die sentrale sakekern van die dorp geleë is, vier hul 36ste bestaansjaar.

Mnr. Melt van Niekerk en sy seun, mnr. Jacques van Niekerk, is tans die eienaars.

Checkmate was eers op Evander geleë, maar het later na Secunda geskuif.

Hulle het met vyf personeellede begin en het vandag 11 personeellede.

Checkmate spesialiseer in mansmodes vir enige ouderdomsgroep.

Hulle het in 2011 aansoek gedoen om by die Secunda Mall ’n winkel oop te maak, maar was afgekeur omdat hulle nie ’n kettinggroeponderneming is nie.

Dit het hulle egter nie teruggehou om ’n sukses van hul onderneming te maak nie.

Jacques beplan om op ’n latere stadium uit te brei.

Die winkel het steeds sy oorspronklike vorm en het met die jare ’n paar veranderinge ondergaan.

Volgens mnr. Van Niekerk is hulle in ’n veilige perseel geleë en sukkel nie met diefstal nie.

Die personeel van Checkmate het hul lojale kliënte vir hul ondersteuning deur die jare bedank.

Hulle gaan vanaf 25 Mei tot 5 Junie ’n uitverkoping hou om die verjaarsdag te vier.

Daar gaan afslagpryse en spesiale aanbiedinge wees en die publiek moet gaan inloer.

Skakel 017 634 1240.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button