Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

Bethal se begraafplase nie meer ‘n plek van “rus” nie

Besoekers vrees vir hul veiligheid.

BETHAL- Die plek waar mense hul familie of vriende wat dood is kan besoek, word deesdae as die gevaarlikste plekke beskou.

Albei begraafplase op Bethal is in ’n haglike toestand en niemand wil dit eers meer besoek nie.

Grafte word afgebreek, satanistiese tekens word op dit geverf en besoekers word aangeval.

Inwoners meen dat dit immers die een plek is waar ’n mens net wil rustig wees.

“Albei my ouers is op Bethal begrawe en ek kan nie eers vir hulle nuwe blomme op hul grafte gaan sit sonder om bedag op gevaar te wees nie,”  het me. Adelle Du Plessis gesê.

Volgens haar is dit hartseer om haar geliefdes se “rusplekke” in só ’n toestand te sien.

Talle grafte is toegegroei, vullisblikke loop oor en baie voetpaadjies is onbegaanbaar.

Me. Adelle Vosloo, inwoner, het ook gesê dat die begraafplase omhein moet word en deur die gemeenskap maandeliks skoon gemaak word.

“Wagte kan selfs aangestel word.”

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button