BETHAL – Laerskool Marietjie van Niekerk het onlangs ’n nuwe gasstoof en mikrogolfoond van Solidariteit Helpende Hand ontvang.
Volgens me. Alisha de Lange, streekorganiseerder in Mpumalanga, het Helpende Hand die skool kort na die bekendstelling van sy jaarlikse nasionale Kosblikkieprojek (’n voedingprojek vir kleuters) besoek.
“Ons het tydens die besoek gesien dat die skool besig is om sy kombuis op te gradeer en dat daar ’n behoefte aan ’n gasstoof en mikrogolfoond was,” het sy gesê.
Volgens onlangse studies wat in opdrag van Helpende Hand gedoen is, is daar bevind dat nagenoeg een uit elke 10 behoeftige kinders slegs een bord kos per dag kry en dit is dikwels die kos wat by die skool aan hulle voorsien word.
Die ondersteuning van veral kleuterskole deur middel van die organisasie se Kosblikkieprojek, is derhalwe noodsaaklik om te help toesien dat kinders optimaal gevoed word.
Helpende Hand ondersteun reeds Laerskool Marietjie van Niekerk deur middel van verskeie projekte waaronder die Kosblikkieprojek en Projek Leerkrag – ’n projek waardeur befondsing vir die plasing van ’n onderwysassistent aan die skool voorsien word.
“Deur dié projek kry ’n jong onderwysstudent die geleentheid om in diens opleiding te ontvang en word die las op oorlaaide onderwysers verlig.”
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



