Kriel gaan in rep en roer wees tydens Swartgoud Fees
Vanjaar bied Kriel hul 22ste Swartgoud Fees op 5 en 6 Junie, met iets vir almal op die spyskaart.
KRIEL – Kriel gaan vanjaar weer eens in rep en roer wees op 5 en 6 Junie met hul 22ste Swartgoud Fees.
Die fees word sedert 1994 aangebied en spog vanjaar met ’n modelkompetisie.
Daar is ook ’n biertuin met versamelaarsbierbekers, waar al die naweek se sport gevolg kan word.
Een van die grootste pretparke in die land is ook weer daar en dan is daar natuurlik die uitstallers.
Die veteraan- en ander skoumotors en motorfietse sal weer ’n hoogtepunt op die program wees en voertuie van sover as Newcastle word soos in die verlede weer in goot getalle verwag.
Die internasionale owerheid IASCA sal oudergewoonte die beoordeling van die klankkompetisie behartig, asook die Dyno Challange wat op die terrein sal plaasvind.
’n Nuwe toevoeging tot die voertuigkategorieë is die “low limbo” waartydens daar meegeding gaan word vir die laagste of meeste na aan die grond voertuig.
Dit is ’n nuwe tendens wat al ’n groot gevolg onder Suid-Afrikaanse deelnemers het.
Die groep Adam is een van die groepe wat by vanjaar se fees op die verhoog gaan wees.
Kriel Colliery Inyosi Coal sal weer eens ’n uitstalling op die terrein hê en is beslis iets wat nie gemis moet word nie.
Die organiseerders het hulle bedank vir hul betrokkenheid, asook vir die finansiële inspuiting waarsonder die fees nie so ’n groot sukses sou wees nie.
Vir meer inligting of om aansoek om uitstalruimte te doen, skakel Jacques by 082 966 9408, besoek hul Facebookblad of stuur ’n e-pos na swartgoud@vodamail.co.za.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



